Zverev kraai koning by Franse Ope

Loading player...
Die wêreld-nommer-drie Alexander Zverev is nou ʼn Grand Slam-kampioen nadat hy die Franse Ope gewen het. Die 29-jarige Duitser het die Italianer Flavio Cobolli met 6-1, 4-6, 6-4, 6-7, 6-1 verslaan. Zverev, wat sy vorige drie Grand Slam-eindstryde verloor het, is die derde Duitse man om ʼn Grand Slam in die Ope Era te wen. Hy is ook die eerste man buiten Jannik Sinner of Carlos Alcaraz wat sedert 2023 ʼn Grand Slam-enkelspeltitel buit. Zverev gee erkenning aan sy span:
7 Jun 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

DA in Ekurhuleni beloof verklikker-eenheid teen korrupsie

Die DA se burgemeesterskandidaat in die Gautengse metro Ekurhuleni, Khathutshelo Rasilingwane, het beloof sy sal binne haar eerste 100 dae 'n onafhanklike eenheid vir die beskerming van verklikkers stig as sy verkies word. Dit sal amptenare 'n veilige manier bied om ongerymdhede en korrupsie aan te meld sonder vrees vir…
27 Aug 11AM 1 min

NHE oorhandig 82 huise in Swakopmund

Die Nasionale Behuisingsonderneming het vandag deur die Nasionale Informele Nedersettingsopgraderingsprogram 82 voltooide huise aan lae-inkomste begunstigdes in Swakopmund oorhandig. Die onderneming se adjunkvoorsitter, Hasting Tjipueja, sê die program word oor al 14 streke uitgerol:
27 Aug 11AM 1 min

Eiseb wil korrupsie verhoed, nie net bestry

As een van sy eerste amptelike verpligtinge voordat hy formeel op 1 Oktober die leisels van direkteur-generaal van die Teenkorrupsie-kommissie oorneem, het Bryan Eiseb 'n hoflikheidsbesoek aan die Speaker van die Nasionale Vergadering, Saara Kuugongelwa-Amadhila, afgelê. Eiseb het kommer uitgespreek oor die kommissie se onvoldoende begroting, terwyl hy die Speaker…
27 Aug 10AM 1 min