Vyf Ghanese sonder dokumente in SA gestrand

Loading player...
Die Grensbestuursowerheid sê 295 van die 300 Ghanese wat hul regering se aanbod van repatriasie aanvaar het, kon Woensdag op ʼn huurvlug vanaf OR Tambo Internasionale Lughawe uit Suid-Afrika vertrek. Dit volg ná ʼn vlaag betogings teen onwettige immigrasie wat vrese van hernude xenofobiese geweld laat ontstaan het. BMA-woordvoerder Mmemme Mogotsi sê vyf Ghanese kon weens verskeie redes nie vertrek nie. Dit sluit in dat hulle nie geldige reisdokumente en ʼn geldige permit as asielsoeker gehad het nie:
28 May 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

DA in Ekurhuleni beloof verklikker-eenheid teen korrupsie

Die DA se burgemeesterskandidaat in die Gautengse metro Ekurhuleni, Khathutshelo Rasilingwane, het beloof sy sal binne haar eerste 100 dae 'n onafhanklike eenheid vir die beskerming van verklikkers stig as sy verkies word. Dit sal amptenare 'n veilige manier bied om ongerymdhede en korrupsie aan te meld sonder vrees vir…
27 Aug 11AM 1 min

NHE oorhandig 82 huise in Swakopmund

Die Nasionale Behuisingsonderneming het vandag deur die Nasionale Informele Nedersettingsopgraderingsprogram 82 voltooide huise aan lae-inkomste begunstigdes in Swakopmund oorhandig. Die onderneming se adjunkvoorsitter, Hasting Tjipueja, sê die program word oor al 14 streke uitgerol:
27 Aug 11AM 1 min

Eiseb wil korrupsie verhoed, nie net bestry

As een van sy eerste amptelike verpligtinge voordat hy formeel op 1 Oktober die leisels van direkteur-generaal van die Teenkorrupsie-kommissie oorneem, het Bryan Eiseb 'n hoflikheidsbesoek aan die Speaker van die Nasionale Vergadering, Saara Kuugongelwa-Amadhila, afgelê. Eiseb het kommer uitgespreek oor die kommissie se onvoldoende begroting, terwyl hy die Speaker…
27 Aug 10AM 1 min