
Nóg Onandjaba-ontsnaptes vasgetrek
Loading player...
Vier van die ses verhoorafwagtende gevangenes wat Sondag uit polisieselle by Onandjaba in die Omusati-streek ontsnap het, is weer in hegtenis geneem. Hulle het beamptes aangeval tydens die verspreiding van kos en medisyne, selsleutels gegryp en twee beamptes geboei voordat hulle in selle toegesluit is. Die verdagtes het later meer beamptes oorweldig, 'n AK47-geweer, vier pistole en vyf selfone gesteel en gevlug. Kosmos 94.1 Nuus het met streekbevelvoerder Ismael Basson gepraat wat sê gemeenskappe en Angolese owerhede help met die soektog.

