Olie haal voet van pryspedaal

Loading player...
Die olieprys het vanoggend met meer as 3 persent gedaal namate handelaars reageer op verwikkelinge in vredesgesprekke tussen die Amerika en Iran. Brent-ruolie-termynkontrakte het teen 96,47 Amerikaanse dollar per vat verhandel. Die Internasionale Energie-agentskap het verlede week gewaarsku dat wêreldwye kommersiële olievoorrade vinnig val weens die sluiting van die Straat van Hormuz, met slegs ’n paar weke se voorraad oor. Die agentskap het gesê strategiese oliereserwes voeg daagliks 2,5 miljoen vate olie by die mark, maar dat dié reserwes beperk is. Naveen Das, ‘n ontleder by Kpler, het met CNN or dié uitlatings gepraat:
27 May 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

DA in Ekurhuleni beloof verklikker-eenheid teen korrupsie

Die DA se burgemeesterskandidaat in die Gautengse metro Ekurhuleni, Khathutshelo Rasilingwane, het beloof sy sal binne haar eerste 100 dae 'n onafhanklike eenheid vir die beskerming van verklikkers stig as sy verkies word. Dit sal amptenare 'n veilige manier bied om ongerymdhede en korrupsie aan te meld sonder vrees vir…
27 Aug 11AM 1 min

NHE oorhandig 82 huise in Swakopmund

Die Nasionale Behuisingsonderneming het vandag deur die Nasionale Informele Nedersettingsopgraderingsprogram 82 voltooide huise aan lae-inkomste begunstigdes in Swakopmund oorhandig. Die onderneming se adjunkvoorsitter, Hasting Tjipueja, sê die program word oor al 14 streke uitgerol:
27 Aug 11AM 1 min

Eiseb wil korrupsie verhoed, nie net bestry

As een van sy eerste amptelike verpligtinge voordat hy formeel op 1 Oktober die leisels van direkteur-generaal van die Teenkorrupsie-kommissie oorneem, het Bryan Eiseb 'n hoflikheidsbesoek aan die Speaker van die Nasionale Vergadering, Saara Kuugongelwa-Amadhila, afgelê. Eiseb het kommer uitgespreek oor die kommissie se onvoldoende begroting, terwyl hy die Speaker…
27 Aug 10AM 1 min