Fosa het vrae oor Ramaphosa se onskuld

Loading player...
Die Forum for South Africa sê as president Cyril Ramaphosa werklik onskuldig is, waarom wend hy regsmaatreëls aan om 'n proses uit te daag wat bedoel is om verantwoordbaarheid te verseker. Die president se regspan het gister dokumente in die Wes-Kaapse Hooggeregshof ingedien om die Artikel 89 Onafhanklike Paneelverslag oor die Phala Phala-skandaal te hersien. Die Konstitusionele Hof het bevind die Parlement was irrasioneel toe die paneel se verslag van die hand gewys is. Fosa-leier, Tebogo Mashilompane, sê dit voel asof Ramaphosa iets het om weg te steek:
27 May 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

DA in Ekurhuleni beloof verklikker-eenheid teen korrupsie

Die DA se burgemeesterskandidaat in die Gautengse metro Ekurhuleni, Khathutshelo Rasilingwane, het beloof sy sal binne haar eerste 100 dae 'n onafhanklike eenheid vir die beskerming van verklikkers stig as sy verkies word. Dit sal amptenare 'n veilige manier bied om ongerymdhede en korrupsie aan te meld sonder vrees vir…
27 Aug 11AM 1 min

NHE oorhandig 82 huise in Swakopmund

Die Nasionale Behuisingsonderneming het vandag deur die Nasionale Informele Nedersettingsopgraderingsprogram 82 voltooide huise aan lae-inkomste begunstigdes in Swakopmund oorhandig. Die onderneming se adjunkvoorsitter, Hasting Tjipueja, sê die program word oor al 14 streke uitgerol:
27 Aug 11AM 1 min

Eiseb wil korrupsie verhoed, nie net bestry

As een van sy eerste amptelike verpligtinge voordat hy formeel op 1 Oktober die leisels van direkteur-generaal van die Teenkorrupsie-kommissie oorneem, het Bryan Eiseb 'n hoflikheidsbesoek aan die Speaker van die Nasionale Vergadering, Saara Kuugongelwa-Amadhila, afgelê. Eiseb het kommer uitgespreek oor die kommissie se onvoldoende begroting, terwyl hy die Speaker…
27 Aug 10AM 1 min