Soldariteit steun laer kragtariewe vir ferrochroombedryf

Loading player...
Solidariteit steun Glencore-Merafe en Samancor se aansoeke vir 'n spesiale elektrisiteitstarief van 62-sent per kilowatt-uur. Pieter Jordaan van Solidariteit waarsku duisende werksgeleenthede verkeer in gevaar indien verligting nie toegestaan word nie, met elektrisiteit wat tot 60-persent van die smeltproduksiekoste verteenwoordig. Hy sê vier-duisend regstreekse werksgeleenthede en meer as 35 000 ander, verbind aan gemeenskappe en voorsieningskettings, kan geraak word indien bedrywighede moet sluit:
26 May 8AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

DA in Ekurhuleni beloof verklikker-eenheid teen korrupsie

Die DA se burgemeesterskandidaat in die Gautengse metro Ekurhuleni, Khathutshelo Rasilingwane, het beloof sy sal binne haar eerste 100 dae 'n onafhanklike eenheid vir die beskerming van verklikkers stig as sy verkies word. Dit sal amptenare 'n veilige manier bied om ongerymdhede en korrupsie aan te meld sonder vrees vir…
27 Aug 11AM 1 min

NHE oorhandig 82 huise in Swakopmund

Die Nasionale Behuisingsonderneming het vandag deur die Nasionale Informele Nedersettingsopgraderingsprogram 82 voltooide huise aan lae-inkomste begunstigdes in Swakopmund oorhandig. Die onderneming se adjunkvoorsitter, Hasting Tjipueja, sê die program word oor al 14 streke uitgerol:
27 Aug 11AM 1 min

Eiseb wil korrupsie verhoed, nie net bestry

As een van sy eerste amptelike verpligtinge voordat hy formeel op 1 Oktober die leisels van direkteur-generaal van die Teenkorrupsie-kommissie oorneem, het Bryan Eiseb 'n hoflikheidsbesoek aan die Speaker van die Nasionale Vergadering, Saara Kuugongelwa-Amadhila, afgelê. Eiseb het kommer uitgespreek oor die kommissie se onvoldoende begroting, terwyl hy die Speaker…
27 Aug 10AM 1 min