Elke troeteldiereienaar se grootste vrees is dat hul hond of kat eendag verdwyn. Gelukkig maak tegnologie dit al makliker om verlore troeteldiere weer met hul gesinne te herenig. Community Pets is 'n Suid-Afrikaanse toepassing wat gemeenskappe, veeartse, diereskuilings en troeteldiereienaars saambring om verlore en rondlopende diere vinniger op te spoor…
Die Lesedi Primary School-koor van Soshanguve het vir die tweede jaar agtereenvolgens deurgedring na die ATKV Applous-koorkompetisie se nasionale eindronde in Kaapstad. Vir hierdie leerders is dit 'n ongelooflike prestasie, maar hulle het steeds finansiële ondersteuning nodig om hul droom te verwesenlik. Vandag gesels ons met die koor se dirigent,…
Baie mense dink gevangenisbediening gaan net oor 'n enkele besoek of boodskap van hoop, maar organisasies soos Kairos Prison Ministry stap vir maande lank 'n pad saam met jongmense wat in aanhouding is. Deur mentorskap, geloofsontwikkeling en praktiese ondersteuning help hulle hierdie jongmense om nuwe hoop, doelgerigtheid en 'n tweede…
Ins ons ABC van Ouerskap-reeks kyk ons na H vir Huwelik. Sarina gesels met Danica Freimond, ’n geregistreerde maatskaplike werker en haar man, Sean oor die belangrike rol wat ’n gesonde huwelik speel in die vorming van ’n gesonde gesin en hoe om intensioneel tyd te maak vir die huwelik.
Hoe weet jy wanneer 'n verhouding net deur 'n moeilike tyd gaan, en wanneer dit eintlik toksies geword het? Of dit nou 'n liefdesverhouding, vriendskap of selfs 'n werksverhouding is, toksiese dinamika kan 'n groot impak op ons emosionele welstand hê. Vandag gesels ons met verhoudingsterapeut Louis Venter van CouplesHelp…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.