Onrus in DRK oor liggame van Ebola-slagoffers

Loading player...
Polisie in die ooste van die DRK het waarskuwingskote afgevuur nadat woedende inwoners probeer het om die liggame van familielede terug te neem wat in ’n Ebola-behandelingsentrum in Mongwalu gesterf het. Die onrus het Sondag voortgeduur nadat ’n isolasietent by die hospitaalterrein oornag aan die brand gesteek is. Gesondheidsbeamptes het gewaarsku dat die liggame van Ebola-slagoffers steeds hoogs aansteeklik is en dat onveilige begrafnispraktyke die virus verder kan versprei. Die huidige Ebola-uitbreking het reeds meer as 900 vermoedelike gevalle en minstens 220 vermoedelike sterftes aangeteken, wat vrese oor ’n groter gesondheidskrisis laat toeneem. Intussen het ‘n programbestuurder van Dokters Sonder Grense, Kate White, in ‘n onderhoud met BBC haar kommer oor die krisis uitgespreek:
26 May 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

DA in Ekurhuleni beloof verklikker-eenheid teen korrupsie

Die DA se burgemeesterskandidaat in die Gautengse metro Ekurhuleni, Khathutshelo Rasilingwane, het beloof sy sal binne haar eerste 100 dae 'n onafhanklike eenheid vir die beskerming van verklikkers stig as sy verkies word. Dit sal amptenare 'n veilige manier bied om ongerymdhede en korrupsie aan te meld sonder vrees vir…
27 Aug 11AM 1 min

NHE oorhandig 82 huise in Swakopmund

Die Nasionale Behuisingsonderneming het vandag deur die Nasionale Informele Nedersettingsopgraderingsprogram 82 voltooide huise aan lae-inkomste begunstigdes in Swakopmund oorhandig. Die onderneming se adjunkvoorsitter, Hasting Tjipueja, sê die program word oor al 14 streke uitgerol:
27 Aug 11AM 1 min

Eiseb wil korrupsie verhoed, nie net bestry

As een van sy eerste amptelike verpligtinge voordat hy formeel op 1 Oktober die leisels van direkteur-generaal van die Teenkorrupsie-kommissie oorneem, het Bryan Eiseb 'n hoflikheidsbesoek aan die Speaker van die Nasionale Vergadering, Saara Kuugongelwa-Amadhila, afgelê. Eiseb het kommer uitgespreek oor die kommissie se onvoldoende begroting, terwyl hy die Speaker…
27 Aug 10AM 1 min