NNN verklaar 16-jarige Shimwaafeni nasionale held

Loading player...
President Netumbo Nandi-Ndaitwah het die 16-jarige Cornelius Shimwaafeni as ‘n nasionale held verklaar ná hy onlangs ‘n tweeling van 9 maande van verdrinking gered het. Shimwaafeni was besig om vee in Omusati op te pas toe hy sien hoe die ma van die babas hulle in ‘n dam gooi. Hy het ingespring, hulle uitgehaal en noodhulp toegepas voor hy met hulle na nabygeleë cuca-winkels vir hulp gehaas het. Nandi-Ndaitwah het die seun se dapperheid Saterdag tydens die jaarlikse Omagongo-fees in die streek geloof:
24 May 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

DA in Ekurhuleni beloof verklikker-eenheid teen korrupsie

Die DA se burgemeesterskandidaat in die Gautengse metro Ekurhuleni, Khathutshelo Rasilingwane, het beloof sy sal binne haar eerste 100 dae 'n onafhanklike eenheid vir die beskerming van verklikkers stig as sy verkies word. Dit sal amptenare 'n veilige manier bied om ongerymdhede en korrupsie aan te meld sonder vrees vir…
27 Aug 11AM 1 min

NHE oorhandig 82 huise in Swakopmund

Die Nasionale Behuisingsonderneming het vandag deur die Nasionale Informele Nedersettingsopgraderingsprogram 82 voltooide huise aan lae-inkomste begunstigdes in Swakopmund oorhandig. Die onderneming se adjunkvoorsitter, Hasting Tjipueja, sê die program word oor al 14 streke uitgerol:
27 Aug 11AM 1 min

Eiseb wil korrupsie verhoed, nie net bestry

As een van sy eerste amptelike verpligtinge voordat hy formeel op 1 Oktober die leisels van direkteur-generaal van die Teenkorrupsie-kommissie oorneem, het Bryan Eiseb 'n hoflikheidsbesoek aan die Speaker van die Nasionale Vergadering, Saara Kuugongelwa-Amadhila, afgelê. Eiseb het kommer uitgespreek oor die kommissie se onvoldoende begroting, terwyl hy die Speaker…
27 Aug 10AM 1 min