Cran ontbied Telecom oor aanhoudende diensontwrigtings

Loading player...
Die Kommunikasie-reguleringsowerheid, Cran, het ernstige kommer uitgespreek oor herhaalde ontwrigtings van Telecom Namibia se vaste breëbandnetwerk en gewaarsku dat die onderbrekings verbruikers, besighede en kritieke instellings regoor die land raak. Die owerheid het Telecom ontbied vir 'n dringende en omvattende inligtingsessie oor die oorsaak van die ontwrigtings, die ingrypings wat tans aan die gang is, en maatreëls wat geïmplementeer word om diensstabiliteit te verseker en die herhaling van soortgelyke voorvalle te voorkom. Cran se woordvoerder, Mufaro Nesongano, sê die diensonderbrekings plaas ook Telecom se vermoë om lisensieverpligtinge en kwaliteitsstandaarde na te kom onder die loep.
22 May 11AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

DA in Ekurhuleni beloof verklikker-eenheid teen korrupsie

Die DA se burgemeesterskandidaat in die Gautengse metro Ekurhuleni, Khathutshelo Rasilingwane, het beloof sy sal binne haar eerste 100 dae 'n onafhanklike eenheid vir die beskerming van verklikkers stig as sy verkies word. Dit sal amptenare 'n veilige manier bied om ongerymdhede en korrupsie aan te meld sonder vrees vir…
27 Aug 11AM 1 min

NHE oorhandig 82 huise in Swakopmund

Die Nasionale Behuisingsonderneming het vandag deur die Nasionale Informele Nedersettingsopgraderingsprogram 82 voltooide huise aan lae-inkomste begunstigdes in Swakopmund oorhandig. Die onderneming se adjunkvoorsitter, Hasting Tjipueja, sê die program word oor al 14 streke uitgerol:
27 Aug 11AM 1 min

Eiseb wil korrupsie verhoed, nie net bestry

As een van sy eerste amptelike verpligtinge voordat hy formeel op 1 Oktober die leisels van direkteur-generaal van die Teenkorrupsie-kommissie oorneem, het Bryan Eiseb 'n hoflikheidsbesoek aan die Speaker van die Nasionale Vergadering, Saara Kuugongelwa-Amadhila, afgelê. Eiseb het kommer uitgespreek oor die kommissie se onvoldoende begroting, terwyl hy die Speaker…
27 Aug 10AM 1 min