Regering se jeugwerkloosheid-bekamping ontlok vrae

Loading player...
Die nuutse Afrobarometer opname toon dat die Namibiese jeug, wat 70 persent van die bevolking uitmaak, die mees geletterd is in vergelyking met vorige generasies. Die land gaan egter steeds gebuk onder uiters hoë werkloosheid, veral onder die jeug. Die opname toon ook dat die jeug voel die regering moet werkskepping sy eerste prioriteit maak. Kosmos 94.1 Nuus het reaksie by die LPM-jeugleier Duminga Ndala gekry, wat wonder of die aanpak van jeugwerkloosheid steeds 'n prioriteit is, soos wat die regering vroeër gesê het.
22 May 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

DA in Ekurhuleni beloof verklikker-eenheid teen korrupsie

Die DA se burgemeesterskandidaat in die Gautengse metro Ekurhuleni, Khathutshelo Rasilingwane, het beloof sy sal binne haar eerste 100 dae 'n onafhanklike eenheid vir die beskerming van verklikkers stig as sy verkies word. Dit sal amptenare 'n veilige manier bied om ongerymdhede en korrupsie aan te meld sonder vrees vir…
27 Aug 11AM 1 min

NHE oorhandig 82 huise in Swakopmund

Die Nasionale Behuisingsonderneming het vandag deur die Nasionale Informele Nedersettingsopgraderingsprogram 82 voltooide huise aan lae-inkomste begunstigdes in Swakopmund oorhandig. Die onderneming se adjunkvoorsitter, Hasting Tjipueja, sê die program word oor al 14 streke uitgerol:
27 Aug 11AM 1 min

Eiseb wil korrupsie verhoed, nie net bestry

As een van sy eerste amptelike verpligtinge voordat hy formeel op 1 Oktober die leisels van direkteur-generaal van die Teenkorrupsie-kommissie oorneem, het Bryan Eiseb 'n hoflikheidsbesoek aan die Speaker van die Nasionale Vergadering, Saara Kuugongelwa-Amadhila, afgelê. Eiseb het kommer uitgespreek oor die kommissie se onvoldoende begroting, terwyl hy die Speaker…
27 Aug 10AM 1 min