Polio-inentingsveldtog rodte 3 behaal 90,4% dekking

Loading player...
Die derde ronde van die nasionale polio-inentingsveldtog het meer as 836 000 kinders van 10 jaar en jonger tussen 27 en 30 April 2026 bereik, en 'n dekking van 90,4 persent behaal in 'n teiken van meer as 924 000 kinders. Die voorvalbestuurder vir polio-reaksie, dr. Nguundja Uamburu, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die veldtog toon ook verbeterde gehalte, met 75 persent van die distrikte wat onafhanklike assesserings slaag. Sy moedig ouers en voogde aan om aan toekomstige veldtogte deel te neem.
22 May 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

DA in Ekurhuleni beloof verklikker-eenheid teen korrupsie

Die DA se burgemeesterskandidaat in die Gautengse metro Ekurhuleni, Khathutshelo Rasilingwane, het beloof sy sal binne haar eerste 100 dae 'n onafhanklike eenheid vir die beskerming van verklikkers stig as sy verkies word. Dit sal amptenare 'n veilige manier bied om ongerymdhede en korrupsie aan te meld sonder vrees vir…
27 Aug 11AM 1 min

NHE oorhandig 82 huise in Swakopmund

Die Nasionale Behuisingsonderneming het vandag deur die Nasionale Informele Nedersettingsopgraderingsprogram 82 voltooide huise aan lae-inkomste begunstigdes in Swakopmund oorhandig. Die onderneming se adjunkvoorsitter, Hasting Tjipueja, sê die program word oor al 14 streke uitgerol:
27 Aug 11AM 1 min

Eiseb wil korrupsie verhoed, nie net bestry

As een van sy eerste amptelike verpligtinge voordat hy formeel op 1 Oktober die leisels van direkteur-generaal van die Teenkorrupsie-kommissie oorneem, het Bryan Eiseb 'n hoflikheidsbesoek aan die Speaker van die Nasionale Vergadering, Saara Kuugongelwa-Amadhila, afgelê. Eiseb het kommer uitgespreek oor die kommissie se onvoldoende begroting, terwyl hy die Speaker…
27 Aug 10AM 1 min