Rubio twyfel oor diplomatieke oplossing met Kuba

Loading player...
Amerika se minister van Buitelandse Sake, Marco Rubio, sê Kuba is reeds jare lank ʼn bedreiging vir Amerika weens sy bande met dié land se vyande. Dit volg nadat Amerika strafregtelike klagtes teen Kuba se voormalige leier, Raúl Castro, ingedien het. President Donald Trump het voorheen gesê hy wil ʼn regime-verandering sien op die eiland wat sedert 1959 ʼn kommunistiese regering het. Rubio sê hy twyfel of ʼn diplomatieke oplossing moontlik is onder die huidige regering se bewind:
22 May 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

DA in Ekurhuleni beloof verklikker-eenheid teen korrupsie

Die DA se burgemeesterskandidaat in die Gautengse metro Ekurhuleni, Khathutshelo Rasilingwane, het beloof sy sal binne haar eerste 100 dae 'n onafhanklike eenheid vir die beskerming van verklikkers stig as sy verkies word. Dit sal amptenare 'n veilige manier bied om ongerymdhede en korrupsie aan te meld sonder vrees vir…
27 Aug 11AM 1 min

NHE oorhandig 82 huise in Swakopmund

Die Nasionale Behuisingsonderneming het vandag deur die Nasionale Informele Nedersettingsopgraderingsprogram 82 voltooide huise aan lae-inkomste begunstigdes in Swakopmund oorhandig. Die onderneming se adjunkvoorsitter, Hasting Tjipueja, sê die program word oor al 14 streke uitgerol:
27 Aug 11AM 1 min

Eiseb wil korrupsie verhoed, nie net bestry

As een van sy eerste amptelike verpligtinge voordat hy formeel op 1 Oktober die leisels van direkteur-generaal van die Teenkorrupsie-kommissie oorneem, het Bryan Eiseb 'n hoflikheidsbesoek aan die Speaker van die Nasionale Vergadering, Saara Kuugongelwa-Amadhila, afgelê. Eiseb het kommer uitgespreek oor die kommissie se onvoldoende begroting, terwyl hy die Speaker…
27 Aug 10AM 1 min