Namibië kry lof op Internasionale Dag vir Biologiese Diversiteit

Loading player...
Vandag, op die Internasionale Dag vir Biologiese Diversiteit, word Namibië geprys vir die behoud van ongeveer 87 persent van sy oorspronklike biodiversiteit. 'n Onlangse studie deur meer as 200 navorsers, insluitend dr. Haley Clements van die Universiteit Stellenbosch, het bevind dat Afrika suid van die Sahara 24 persent van sy pre-industriële biodiversiteit verloor het, met 43 persent van die streek wat deur menslike aktiwiteit verander is. Groot soogdiere soos olifante en renosters het die grootste afname met 46 persent gesien, terwyl versteuring-verdraagsame plante met slegs 10 persent gedaal het. Clements het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat hoewel Namibië goed presteer, daar steeds uitdagings is:
22 May 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

DA in Ekurhuleni beloof verklikker-eenheid teen korrupsie

Die DA se burgemeesterskandidaat in die Gautengse metro Ekurhuleni, Khathutshelo Rasilingwane, het beloof sy sal binne haar eerste 100 dae 'n onafhanklike eenheid vir die beskerming van verklikkers stig as sy verkies word. Dit sal amptenare 'n veilige manier bied om ongerymdhede en korrupsie aan te meld sonder vrees vir…
27 Aug 11AM 1 min

NHE oorhandig 82 huise in Swakopmund

Die Nasionale Behuisingsonderneming het vandag deur die Nasionale Informele Nedersettingsopgraderingsprogram 82 voltooide huise aan lae-inkomste begunstigdes in Swakopmund oorhandig. Die onderneming se adjunkvoorsitter, Hasting Tjipueja, sê die program word oor al 14 streke uitgerol:
27 Aug 11AM 1 min

Eiseb wil korrupsie verhoed, nie net bestry

As een van sy eerste amptelike verpligtinge voordat hy formeel op 1 Oktober die leisels van direkteur-generaal van die Teenkorrupsie-kommissie oorneem, het Bryan Eiseb 'n hoflikheidsbesoek aan die Speaker van die Nasionale Vergadering, Saara Kuugongelwa-Amadhila, afgelê. Eiseb het kommer uitgespreek oor die kommissie se onvoldoende begroting, terwyl hy die Speaker…
27 Aug 10AM 1 min