Nog 'n paar prosesse voor ampsklagkomitee se werksaamhede kan begin

Loading player...
Die parlementêre subkomitee vir die Hersiening van Vergaderingreëls se regspan sê ʼn paar prosesse moet plaasvind voor die ampsklagkomitee se 31 lede kan begin werk. Die subkomitee sal die operasionele pad vir die komitee uitstippel. Die Konstitusionele Hof het bevind die Parlement het ongrondwetlik opgetree toe hy teen ʼn ampsklag-ondersoek en ʼn paneel-verslag gestem het, wat bevind het Ramaphosa het moontlik die Grondwet oortree. Die subkomitee se regsadviseur, Andrew Breitenbach, sê die ampsklagkomitee moet ʼn paar dinge in ag neem:
22 May 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

DA in Ekurhuleni beloof verklikker-eenheid teen korrupsie

Die DA se burgemeesterskandidaat in die Gautengse metro Ekurhuleni, Khathutshelo Rasilingwane, het beloof sy sal binne haar eerste 100 dae 'n onafhanklike eenheid vir die beskerming van verklikkers stig as sy verkies word. Dit sal amptenare 'n veilige manier bied om ongerymdhede en korrupsie aan te meld sonder vrees vir…
27 Aug 11AM 1 min

NHE oorhandig 82 huise in Swakopmund

Die Nasionale Behuisingsonderneming het vandag deur die Nasionale Informele Nedersettingsopgraderingsprogram 82 voltooide huise aan lae-inkomste begunstigdes in Swakopmund oorhandig. Die onderneming se adjunkvoorsitter, Hasting Tjipueja, sê die program word oor al 14 streke uitgerol:
27 Aug 11AM 1 min

Eiseb wil korrupsie verhoed, nie net bestry

As een van sy eerste amptelike verpligtinge voordat hy formeel op 1 Oktober die leisels van direkteur-generaal van die Teenkorrupsie-kommissie oorneem, het Bryan Eiseb 'n hoflikheidsbesoek aan die Speaker van die Nasionale Vergadering, Saara Kuugongelwa-Amadhila, afgelê. Eiseb het kommer uitgespreek oor die kommissie se onvoldoende begroting, terwyl hy die Speaker…
27 Aug 10AM 1 min