Trump sê hy 'stel' vir eers aanval op Iran uit

Loading player...
President Donald Trump van Amerika sê hy het sy administrasie opdrag gegee om eers te wag met ʼn beplande aanval op Iran wat vir vandag beplan was. Hy sê lande wat as bemiddelaars optree, het aan hom gesê die oorlog se einde is in sig. Hy het Teheran Sondag gewaarsku die tyd raak min om ʼn ooreenkoms te bereik of ʼn aanval te verwag. Trump het gister by die Withuis gewaarsku hy kan onmiddellik ʼn volle, grootskaalse aanslag op Iran loslaat:
19 May 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Ebola in Frankryk - die risiko is uiters laag

Die direkteur-generaal van die Wêreldgesondheidsorganisasie, Tedros Adhanom Ghebreyesus sê daar is geen rede tot paniek nie. Dit kom na 'n Ebola-geval in Frankryk bevestig is. 'n Dokter wat in die DRK pasiënte behandel het, het positief getoets. Ghebreyesus sê die risiko vir verspreiding is uiters laag.
25 Jun 5AM 1 min

Broos vol lof vir Bafana Bafana

Bafana Bafana se afrigter, Hugo Broos, het sy span geloof wat die eerste keer ooit die uitklopronde van 'n Wêreldbekertoernooi gehaal het. Suid-Afrika het Suid-Korea in Monterrey, Mexiko, 1-0 verslaan toe Thapelo Maseko in die tweede helfte die wedstryd se enigste doel aangeteken het. Bafana Bafana speel Sondag in Los…
25 Jun 5AM 1 min

Agt ongelukke daagliks aangemeld

Die Motorvoertuig-ongelukkefonds het onthul dat Namibië tussen 1 Januarie en 21 Junie altesaam 1 333 ongelukke, 2 273 beserings en 229 sterftes op die paaie aangemeld het. Dit is amper agt ongelukke daagliks en om dinge te vererger is dit 'n daling van 11 persent teenoor dieselfde tydperk in 2025…
25 Jun 3AM 1 min

Wes-Kaap verloor 9 plantspesies sedert 2020 as gevolg van stropery

Die DA in die Wes-Kaap sê nege plantspesies het sedert 2020 in die natuur uitgesterf as gevolg van onwettige stropery en handel in inheemse vetplante. Die party doen 'n beroep op sterker optrede teen misdaadsindikate wat onwettig handel dryf, veral in die Knersvlakte Natuurreservaat. Dave Bryant van die DA sê…
25 Jun 3AM 1 min

Kommer oor vertragings in betalings aan kontrakteurs van GRN

Kommer is in die parlement geopper oor vertragings in betalings aan kontrakteurs wat dienste aan die regering lewer. Die LPM-parlementslid Dawid Eigub het Tesourie-amptenare en regeringsinstellings daarvan beskuldig dat hulle ingediende fakture terughou en betalings teen 'n onaanvaarbaar stadige tempo verwerk. Hy het aangevoer dat die vertragings nie net besighede…
25 Jun 3AM 1 min