Sundowns behaal naelskraapse oorwinning in eerste deel van CAF-kampioeneliga se eindstryd

Loading player...
Mamelodi Sundowns het Marokko se AS FAR in die eerste deel van die CAF-kampioeneliga se eindstryd op Loftus Versfeld met 1-0 geklop. Aubrey Modiba se vryskop het The Brazilians ʼn effense voorsprong gegee voor die tweede deel Sondag in Rabat, Marokko, plaasvind. Sundowns het die CAF-kampioeneliga laas in 2016 gewen toe hulle die Egiptiese span, Zamalek, in totaal met 3-1 verslaan het om hul heel eerste vasteland-titel op te raap. Sundowns-afrigter Miguel Cardoso erken hulle moes meer doele aangeteken het:
18 May 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Olifante in Kunene-hooglande se bewegings gemonitor

Olifante herken nie heinings, plase of dorpsgrense nie. In die Kunene-hooglande kan dit mense en wild in konflik bring, veral wanneer olifante deur veegebiede beweeg en gewasse en groentetuine plunder. Nou gebruik navorsers satelliethalsbande om die bewegings van hierdie ontwykende olifante op te spoor, met die doel om hul gedrag…
27 Aug 11PM 1 min

Eeyore se stemakteur sterf op 85

Die bekende Kanadese stemakteur Peter Cullen, veral bekend as die ikoniese stem van Optimus Prime in die Transformers-franchise, is op 85-jarige ouderdom in Los Angeles oorlede. Geen amptelike oorsaak van dood is vrygestel nie. Cullen se roemryke loopbaan het oor vyf dekades gestrek en kinderjare oor generasies heen gedefinieer. Hy…
27 Aug 11PM 1 min

Kenner sê oor helde en bevrydings louere

Politieke ontleder Ndumba Kamwanyah verwelkom president Netumbo Nandi-Ndaitwah se fokus op nasiebou eerder as bevrydingsviktimisasie op Heldedag, en sê Namibië kan nie vir ewig op bevrydings-louere staatmaak nie. Kamwanyah het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die toekenning van held- en heldinstatus ook verder as die bevrydingstryd moet kyk.
27 Aug 11PM 1 min

Brandstofprys vir September vandag of Maandag verwag

Die brandstofprysaanpassing vir September sal waarskynlik vandag of Maandag aangekondig word. Kosmos 94.1 Nuus het met Simonis Storm-ekonoom Almandro Jansen gepraat, wat sê hul vooruitsigte vir die brandstofprysaanpassing is 'n bietjie gemeng, met meer gunstige vooruitsigte vir petrol eerder as diesel. Hy sê daar was heelwat stygings in beide petrol…
27 Aug 11PM 1 min