Maile bekommerd omdat munisipaliteite staatskole te veel vra

Loading player...
Gauteng se LUR vir Onderwys, Lebogang Maile, sê dis kommerwekkend dat munisipaliteite toenemend beskuldig word dat hulle staatskole te veel vra deur verkeerd berekende rekeningstate, verhoogde tariewe, historiese skuldoordrag en onwettige heffings op rekeningstate. Gautengse skole het in Maart 2026 583,9-miljoen Suid-Afrikaanse rand se munisipale skuld ouer as 60 dae gehad. Maile sê munisipaliteite wat staatskole te veel vra, lei tot massiewe munisipale skuld, dreigemente om elektrisiteit en water af te sny en ontwrigting van onderrig en leer:
18 May 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Netbal in Namibië 'op uiters gesonde voet'

Namibië het 'n span van 23 gekies om die land by die Statebondspele in Glasgow, Skotland te verteenwoordig. Hulle sal meeding in atletiek, para-atletiek, boks, gimnastiek, rolbal, en swem. Die land het ongelukkig nie vir netbal gekwalifiseer nie, maar staan nog 'n kans om in September vir die Netbal Wêreldbeker…
25 Jun 10AM 1 min

Onnodige stigma hang steeds om veltoestand vitiligo

Vandag is Wêreld Vitiligo-dag, wat wêreldwyd gevier word om bewustheid te verhoog oor vitiligo, 'n langtermyn veltoestand wat pigmentverlies veroorsaak en wit kolle op die vel tot gevolg het. Dermatoloog dr. Nitta Haitembu van die gesondheidministerie sê die toestand, wat wydverspreide aandag op die popikoon Michael Jackson gevestig het, bly…
25 Jun 10AM 1 min

FIC kry miljoene in ontduikte belasting terug

Vars na die land se verwydering van die gryslys is die Finansiële Intelligensiesentrum se 2025/2026 jaarverslag vrygestel en die direkteur, Bryan Eiseb, het by die geleentheid gesê dat 25 miljoen Namibiese dollar in dié boekjaar verbeur is weens vermoedelike finansiële misdade. Hy het aangedui dat die bekamping van geldwassery en…
25 Jun 10AM 1 min

Daar is hindernisse met Tanzanië-ooreenkomste: ekonoom

Tydens haar staatsbesoek aan Tanzanië het president Netumbo Nandi-Ndaitwah vier nuwe bilaterale ooreenkomste met die land onderteken, wat verdediging, handel, kleinsake-ontwikkeling en 'n vennootskap tussen Zanzibar en Swakopmund dek. Gabriel Erastus, plaaslike ekonoom, sê dis alles goed en wel maar daar is hindernisse vir veral kleiner besighede om voordeel daaruit…
25 Jun 10AM 1 min

Ernstige kinderregte-skendings in oorloë moet stop: VN

Die Verenigde Nasies sê kinderbeskerming moet deel vorm van alle vredes-, veiligheids- en na-konflikprosesse. 'n Verslag toon soldate en regeringsmagte het verlede jaar meer ernstige skendings teen kinders gepleeg as onafhanklike gewapende groepe. Die verslag bevestig 38 558 ernstige oortredings teenoor 24 174 kinders. Die VN se spesiale verteenwoordiger vir…
25 Jun 10AM 1 min