Gryp in by Nsfas, studente in geldkrisis: Nanso

Loading player...
Nsfaf het begin met uitbetalings van nie-klasgelde vir die 2026 akademiese jaar, maar weens die fakturering- en verifikasieprosesse tussen Nsfaf en tersiêre instellings sal almal nie hul fondse gelyktydig kry nie. Betalings word tans geprioritiseer vir studente wat voortgaan met hul studies. Uitbetalings vir nuwe begunstigdes sal begin sodra die kontrakteringsproses afgehandel is en bankkaarte suksesvol uitgereik is. Studente kla op sosiale media dat hulle in 'n finansiële krisis is, veral eerstejaars, omdat baie van hulle eers aan die einde van die maand of later hulle nie-klasgelde sal ontvang. Kosmos 94.1 Nuus het reaksie by die woordvoerder van die Namibiese Nasionale Studente-organisasie, Jessy Abraham gekry, wat sê laat betalings het 'n onaanvaarbare norm geword.
13 May 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Misdaad bly hardnekkig hoog in Khomas-streek

Die Khomas-streek worstel steeds met hoë misdaadvlakke, met meer as 3 300 gewelddadige en nie-gewelddadige oortredings wat in net sewe maande aangeteken is. Goewerneur Sam Nujoma het die syfers tydens sy streeksrede onthul en misdaad as 'n groot uitdaging vir die streek uitgelig.
25 Jun 11AM 1 min

Menslike ontlasting 'moenie plaaslik as kunsmis gebruik word'

Ten spyte van die gebruik daarvan in sommige dele van die wêreld, moet menslike ontlasting nie plaaslik as kunsmis gebruik word nie, volgens Agribank se tegniese adviseur oor vee en weiding, Erastus Ngaruka. Hy sê die potensiële gesondheidsgevare wat met menslike afval verband hou, weeg swaarder as enige landbouvoordele. Ngaruka…
25 Jun 11AM 1 min

Netbal in Namibië 'op uiters gesonde voet'

Namibië het 'n span van 23 gekies om die land by die Statebondspele in Glasgow, Skotland te verteenwoordig. Hulle sal meeding in atletiek, para-atletiek, boks, gimnastiek, rolbal, en swem. Die land het ongelukkig nie vir netbal gekwalifiseer nie, maar staan nog 'n kans om in September vir die Netbal Wêreldbeker…
25 Jun 10AM 1 min

Onnodige stigma hang steeds om veltoestand vitiligo

Vandag is Wêreld Vitiligo-dag, wat wêreldwyd gevier word om bewustheid te verhoog oor vitiligo, 'n langtermyn veltoestand wat pigmentverlies veroorsaak en wit kolle op die vel tot gevolg het. Dermatoloog dr. Nitta Haitembu van die gesondheidministerie sê die toestand, wat wydverspreide aandag op die popikoon Michael Jackson gevestig het, bly…
25 Jun 10AM 1 min