Cupcake, Krokodille en Ander Gevare

Loading player...
*Video is beskikbaar op Afrikaans.Radio - https://afrikaans.radio/klets/krokodille-byt-die-hof-ook/

Hierdie week se KLETS begin by die hof… want die hof het gepraat, en Cupcake se kieringkies ruik al klaar na braai.

Die Konstitusionele Hof het sy uitspraak gemaak oor die Phala Phala skandaal, en die vraag is nie meer óf dit seer gaan wees nie. Die vraag is net hoe seer.

Dan skuif ons na die Kruger.

Colene het die full breakdown oor die krokodil insident, en saam daarmee, die stats oor krokodil aanvalle en ander wildlife encounters wat nie mooi geëindig het nie.

Dis ook 'n goeie herinnering dat die natuur jou nie ken nie, jou nie liefhet nie, en definitief nie jou WhatsApp messages lees nie.

Op die "goeie nuus vir eenkeer" front:
Suid Afrika se rotte dra blykbaar nie die gevaarlike hantavirus strain nie. Ons rotte is uniek. Anders as die res van die wêreld se rotte. Ons is… trots? Ons dink so.

En dan die vraag wat niemand hardop gevra het nie, maar almal wou weet: waar in die wêreld is die meeste prostitute? Colene het die syfers. Die antwoord sal jou verras, of dalk glad nie.

Dis krokodille, rotte en globale statistieke.
Dis Suid-Afrika in al sy glorie.
Dis KLETS.

NS - Hierdie episode is op 9 Mei 2026 opgeneem. Ons probeer so aktueel as moontlik bly, maar die nuus wag vir niemand nie, ook nie vir ons nie.
13 May Afrikaans Explicit South Africa Society & Culture · News Commentary

Other recent episodes

Wag, Wat? Kanada Verloor Die Speletjie

Kyk hier: https://afrikaans.radio/klets/ep-257-wag-wat-kanada-verloor-die-speletjie/ Dis September, uiteindelik! Die vroue van Suid-Afrika kry ’n oomblik om asem te skep. Net jammer niemand het vir die ANC gesê nie, want etlike dae voor die verkiesing is rus glad nie op hulle kalender nie. Oor die Atlantiese Oseaan speel Trump en Kanada intussen ’n…
2 Sep 56 min

Lê Stil Sannie, Vir Volk en Vaderland

Die syfers lieg nie, maar die politici probeer darem hard. Voormalige minister van onderwys spoel haar ideologiese mond uit, en die vraag bly: wie luister nog? Intussen raak Johannesburg se skuldlas groter as die slaggate wat dit veroorsaak, en die nuwe bewind gaan 'n rekening erf wat niemand wil of…
26 Aug 1 hr 02 min

Dis Veiliger om te Sit

Hallo! Na 'n lang stilte is KLETS terug. *Video is beskikbaar op Afrikaans.Radio - https://afrikaans.radio/klets/ep-255-dis-veiliger-om-te-sit/ Dit was vrouedag, SA was koud en Pretoria sonder krag, maar die hangover is darem verby. En Colene het intussen al meer as een stort gehad. Ons noem dit vooruitgang. STATS SA se nuutste syfers…
19 Aug 57 min

Pryse, Potholes en 'n Pending Emoji

*Video is beskikbaar op Afrikaans.Radio - https://afrikaans.radio/klets/ep-254-pryse-potholes-en-n-pending-emoji/ Kaapse huispryse klim weer, en dis nou al op 'n vlak waar jy moet begin wonder of dit regtig 'n huis is, of net 'n baie duur uitsig. Intussen is 'n Suid-Afrikaanse Protea-emoji 'n moontlikheid, en ons is klaar trots asof dit reeds…
22 Jul 1 hr 04 min

Slange, Spuite en Sondige Sente

*Video is beskikbaar op Afrikaans.Radio - https://afrikaans.radio/klets/ep-253-slange-spuite-en-sondige-sente/ Iewers in China het 'n vloed 'n slangplaas oopgebreek, en nou is "swem met die plaaslike fauna" nie meer 'n opsie nie, dis 'n werklikheid. Ozempic maak jou skraler, sê die advertensies. Die nuutste studies belowe jou 'n paar ander verrassings wat niemand…
15 Jul 53 min