Waaksaam, Welvarend en Windgat
Loading player...
Die vrees is nie meer 'n gevoel nie, dis 'n gewoonte. Die sleutels tussen jou vingers by die kar. Die "live pin" wat jy los voor jy huis toe ry. Elke vrou in jou lewe: jou Ma, jou suster, jou vriendin, jou biervrou, dra hierdie waaksaamheid soos 'n tweede vel, elke dag. Dit is die werklikheid.
Johannesburg, Durban en Kaapstad is drie van die tien onveiligste stede op die planeet. Dit kom ook net weke na Vrouemaand, die maand toe GBV in byna elke gesprek gesit het. En toe, amper of dit vir bewyse gewag het, kom die nuus uit Ekurhuleni: die polisie ondersoek nou of nege vrouemoorde die werk van een persoon is.
Ons het 'n wyle terug met Dr Micki Pistorius gesels oor presies wat 'n reeksmoordenaar definieer, en hierdie week luister ons na 'n gedeelte van daardie gesprek. ๐๐ถ๐ช๐ด๐ต๐ฆ๐ณ ๐ฉ๐ช๐ฆ๐ณ ๐ฏ๐ข ๐ฅ๐ช๐ฆ ๐ท๐ฐ๐ญ๐ญ๐ฆ๐ฅ๐ช๐จ๐ฆ ๐ฆ๐ฑ๐ช๐ด๐ฐ๐ฅ๐ฆ ๐ฎ๐ฆ๐ต ๐ฟ๐ง ๐๐๐๐ ๐ ๐๐๐จ๐ฉ๐ค๐ง๐๐ช๐จ ๐ฉ๐ช๐ฆ๐ณ - https://afrikaans.radio/klets/micki-vang-moordenaars/
Maar 'n ander deel van die land presteer ook: Stellenbosch Universiteit het nou vyf lewende miljardรชrs en 28 sentimiljoenรชrs onder sy alumni, meer as enige ander universiteit in die land.
Twee ranglyste. Twee soorte Suid-Afrika.
En al die pad van Doha af, die veiligste stad op aarde, ontmoet ons vir die heel eerste keer ons "Brak van die week".
Dis vrees en syfers.
Dis KLETS.