Druk neem toe op Keir Starmer om te bedank

Loading player...
Die Verenigde Koninkryk se eerste minister, Keir Starmer, hou vandag ʼn dringende kabinetsvergadering terwyl lede van sy regering vra dat hy ʼn tydlyn vir sy bedanking voorlê. Die Arbeidersparty het in verlede week se plaaslike verkiesing byna 1 000 raad-setels reg oor Engeland verloor, terwyl Reform UK groot vordering gemaak het. Die party het ook mag in Wallis verloor waar dit ʼn eeu lank oorheers het. Starmer het gister in ʼn toespraak beloof om dié wat in hom twyfel, verkeerd te bewys:
12 May 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Olifante in Kunene-hooglande se bewegings gemonitor

Olifante herken nie heinings, plase of dorpsgrense nie. In die Kunene-hooglande kan dit mense en wild in konflik bring, veral wanneer olifante deur veegebiede beweeg en gewasse en groentetuine plunder. Nou gebruik navorsers satelliethalsbande om die bewegings van hierdie ontwykende olifante op te spoor, met die doel om hul gedrag…
27 Aug 11PM 1 min

Eeyore se stemakteur sterf op 85

Die bekende Kanadese stemakteur Peter Cullen, veral bekend as die ikoniese stem van Optimus Prime in die Transformers-franchise, is op 85-jarige ouderdom in Los Angeles oorlede. Geen amptelike oorsaak van dood is vrygestel nie. Cullen se roemryke loopbaan het oor vyf dekades gestrek en kinderjare oor generasies heen gedefinieer. Hy…
27 Aug 11PM 1 min

Kenner sê oor helde en bevrydings louere

Politieke ontleder Ndumba Kamwanyah verwelkom president Netumbo Nandi-Ndaitwah se fokus op nasiebou eerder as bevrydingsviktimisasie op Heldedag, en sê Namibië kan nie vir ewig op bevrydings-louere staatmaak nie. Kamwanyah het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die toekenning van held- en heldinstatus ook verder as die bevrydingstryd moet kyk.
27 Aug 11PM 1 min

Brandstofprys vir September vandag of Maandag verwag

Die brandstofprysaanpassing vir September sal waarskynlik vandag of Maandag aangekondig word. Kosmos 94.1 Nuus het met Simonis Storm-ekonoom Almandro Jansen gepraat, wat sê hul vooruitsigte vir die brandstofprysaanpassing is 'n bietjie gemeng, met meer gunstige vooruitsigte vir petrol eerder as diesel. Hy sê daar was heelwat stygings in beide petrol…
27 Aug 11PM 1 min