Starmer skop vas te midde van oproepe dat hy bedank

Loading player...
Die Britse eerste minister, Keir Starmer, sê die jongste verkiesingsuitslae het nie sy vasberadenheid geraak om sy beloftes aan die Britse publiek na te kom nie, maar versterk dit eerder. 'n Aantal lede van die Arbeidersparty in die parlement eis sy bedanking ná 'n reeks rampspoedige uitslae in plaaslike verkiesings met die party wat steun aan die Reform UK-party en die Groenes afgestaan het. Die Arbeidersparty het ook sy houvas in Wallis verloor, waar hy vir 'n eeu lank die botoon gevoer het. Stamer sê kiesers stuur 'n duidelike boodskap:
11 May 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Dodetal styg tot 235 in Venezuela

Die dodetal nadat twee kragtige aardbewings naby Venezuela se hoofstad, Caracas, voorgekom het, het tot 235 gestyg terwyl meer as 4 300 mense beseer is. Die eerste skudding van 7,2 is sekondes later gevolg deur ʼn sterker een van 7,5 wat dit die land se ergste in meer as ʼn…
26 Jun 1AM 1 min

Likwidasies daal in Mei

Statistiek Suid-Afrika sê die aantal sake-likwidasies het in Mei met 16-persent gedaal van 268 tot 225 gevalle in vergelyking met dieselfde maand verlede jaar. Hierdie afname is gedryf deur minder maatskappy- en beslote korporasie-likwidasies gedurende die tydperk. Onica Mushwana van Statistiek SA sê egter die data toon 'n gemengde tendens…
26 Jun 1AM 1 min

Reën in suidelike dele verwag

Reën word vandag en môre oor die suidwestelike en suidoostelike dele van die land verwag. Terwyl koue wintertoestande sal voortduur, sal dit nie so koud soos verlede week wees nie. Albertina Anderson, 'n voorspeller van die Namibiese Meteorologiese Diens, sê ligte reënbuie word verwag, veral langs die suidkus.
26 Jun 1AM 1 min

Amutse sal teen Julie besluit oor Nasan se appèl

Energieminister Modestus Amutse het aan die parlement gesê dat sy uitspraak oor Nasan Energies se appèl teen brandstofverkrygingsbeperkings wat deur die Namibiese Mededingingskommissie ingestel is, gelei sal word deur 'n deeglike hersieningsproses en die land se beste belange. Die appèl, wat op 8 April ingedien is na Nasan se verkryging…
26 Jun 12AM 1 min

Akkerbou presteer in eerste kwartaal

Die land se akkerbousektor het beduidende winste getoon in die eerste kwartaal vanjaar. Volgens die jongste data van die Namibiese Statistiek-agentskap het die produksie van beheerde akkerbouprodukte gedurende die kwartaal op 2 171 ton gestaan, vergeleke met 1 637 ton wat in die ooreenstemmende kwartaal van 2025 aangeteken is. Die…
26 Jun 12AM 1 min