
Sam !Khubis inspirasie vir almal, sê NNN
Loading player...
President Netumbo Nandi-Ndaitwah sê Namibiërs moet inspirasie te put uit die veerkragtigheid van die Basters tydens die Slag van Sam !Khubis naby Rehoboth. In ‘n toespraak wat namens haar deur visepresident Lucia Witbooi tydens die 111de herdenking van dié slag gelewer is, het Nandi-Ndaitwah beklemtoon dat die moed wat by Sam !Khubis getoon is, die nasie moet verenig eerder as om ou verdeeldheid aan te wakker. Sy het burgers aangemoedig om die geskiedenis as ’n rigtingwyser vir versoening, ’n sterker nasionale identiteit en gesamentlike pogings tot ’n voorspoedige en inklusiewe Namibië vir almal te gebruik.

