Copps 94.1: Traangas, klippe by rumoerige sjebiens

Loading player...
Copps 94.1, in samewerking mat die Namibiese polisie, het Vrydagaand gelyktydig in Windhoek en Otjiwarongo ‘n wakende oog gehou. Op Otjiwarongo het sake seepglad verloop met sjebiens wat by die reëls gehou het en partytjiegangers wat hulle gedra het, berig Darren Smith van Kosmos 94.1. In Windhoek, daarenteen, het die Copps 94.1-span hul hande volgehad met klipgooiery, traangas en ‘n gru-ongeluk waarin drie voetgangers betrokke was. Francois Lottering van Kosmos 94.1 het meer:
8 May 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

China gee N$500m vir landelike dienslewering

Die regering het 'n ontwikkelingsamewerking-toelaag van ongeveer 500 miljoen Namibiese dollar van China verseker. Die bedrag sal direk na onmiddellike, gemeenskapsvlak openbare dienste in landelike en afgeleë streke gaan. Die direkteur-generaal van die Nasionale Beplanningskommissie, Kaire Mbuende, het die ooreenkoms saam met Zhao Weiping, die Chinese ambassadeur in Namibië, onderteken…
26 Jun 2AM 1 min

Dinsdag 30 Junie is 'n normale werksdag - Ramaphosa

President Cyril Ramaphosa sê maatreëls is geneem om te verseker dat 30 Junie 'n normale werksdag sal wees ondanks die beplande onwettige immigrasieproteste. In reaksie op vrae in die Nasionale Raad van Provinsies het Ramaphosa gesê veiligheidsmagte is gereed om orde te handhaaf en bestendigheid landwyd te ondersteun. Hy het…
26 Jun 2AM 1 min

Dodetal styg tot 235 in Venezuela

Die dodetal nadat twee kragtige aardbewings naby Venezuela se hoofstad, Caracas, voorgekom het, het tot 235 gestyg terwyl meer as 4 300 mense beseer is. Die eerste skudding van 7,2 is sekondes later gevolg deur ʼn sterker een van 7,5 wat dit die land se ergste in meer as ʼn…
26 Jun 1AM 1 min

Likwidasies daal in Mei

Statistiek Suid-Afrika sê die aantal sake-likwidasies het in Mei met 16-persent gedaal van 268 tot 225 gevalle in vergelyking met dieselfde maand verlede jaar. Hierdie afname is gedryf deur minder maatskappy- en beslote korporasie-likwidasies gedurende die tydperk. Onica Mushwana van Statistiek SA sê egter die data toon 'n gemengde tendens…
26 Jun 1AM 1 min

Reën in suidelike dele verwag

Reën word vandag en môre oor die suidwestelike en suidoostelike dele van die land verwag. Terwyl koue wintertoestande sal voortduur, sal dit nie so koud soos verlede week wees nie. Albertina Anderson, 'n voorspeller van die Namibiese Meteorologiese Diens, sê ligte reënbuie word verwag, veral langs die suidkus.
26 Jun 1AM 1 min