Handelstekort in Maart sak na N$2,3 miljard

Loading player...
Die internasionale handelstatistieke vir Maart is deur die Namibiese Statistieke-agentskap bekend gemaak. Die handelstekort het op 2,3 miljard Namibiese dollar ingekom, effe beter as Februarie se 5,2 miljard dollar. Mirjam Shihepo, die agentskap se woordvoerder.
8 May 8AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Greenback steeds veilige hawe in geldmark

Geopolitiese spanning en Amerikaanse sanksies het Rusland en China gedryf om meesal Chinese yuan en Russiese roebels in hulle bilaterale handel te gebruik, in plaas van die Amerikaanse dollar en die euro. Die dollar behou egter sy posisie as die primêre internasionale veilige hawe-geldeenheid. Kosmos 94.1 Nuus het met Suid…
10 May 3AM 1 min

Dis jagtyd! Seisoen amptelik oop

Die 2026-jagseisoen is amptelik oop, met boere, bewaringsgebiede en jagters wat nou voorberei vir die Mei-tot-Augustus-periode onder streng wildkwotas en permitreëls. Kosmos 94.1 Nuus het met Kristin Maritz van die Namibiese Professionele Jagtersvereniging gesels vir meer.
10 May 2AM 1 min

Sam !Khubis inspirasie vir almal, sê NNN

President Netumbo Nandi-Ndaitwah sê Namibiërs moet inspirasie te put uit die veerkragtigheid van die Basters tydens die Slag van Sam !Khubis naby Rehoboth. In ‘n toespraak wat namens haar deur visepresident Lucia Witbooi tydens die 111de herdenking van dié slag gelewer is, het Nandi-Ndaitwah beklemtoon dat die moed wat by…
10 May 1AM 1 min

Brrr, die koue is hier!

Snerpende koue word vanaf vandag verwag, met ryp wat môre in dele van //Kharas, Hardap, Khomas, Omaheke, Otjozondjupa, noordoostelike Erongo, suidoostelike Kunene and suidwestelike Omusati moontlik is. Kosmos 94.1 Nuus het met weerkenner Albertina Anderson gepraat:
10 May 12AM 1 min

TLU SA steun Solidariteit met sektorkodes

Die landbou-organisasie TLU SA het steun uitgespreek vir die vakbond Solidariteit wat sektorkodes vir swart ekonomiese bemagtiging in die regsberoep in die Hooggeregshof in Pretoria betwis. Die organisasie waarsku soortgelyke reëls kan in landbou en ander nywerhede ekonomiese groei benadeel en onsekerheid skep. Bennie van Zyl van TLU SA sê…
9 May 6AM 1 min