
Wiele2Wiele: Alles oor Simola-heuwelren
Loading player...
In hierdie week se episode van Wiele2Wiele vertel hulle jou alles oor die afgelope Simola-heuwelren. Hulle sit die kollig op die span wat vir Suzuki Suid-Afrika deelgeneem het en gesels met die vier jaers, asook met Brendon Carpenter, bemarkingsbestuurder vir Suzuki SA, oor Suzuki se betrokkenheid by hierdie ikoniese ren. Daar is ook twee padtoetse - hulle vat jou op ’n toetsrit met die Citroën Basalt en dan die Mazda CX-5.

