PSG-bestuurder het net lof vir sy span met Kampioeneliga

Loading player...
Die verdedigende kampioene, Paris Saint-Germain, haal die tweede agtereenvolgende jaar die Kampioeneliga-eindstryd nadat hulle Bayern Munich in totaal met 6-5 geklop het. Ousmane Dembélé het PSG in die derde minuut sy voorsprong gegee. Harry Kane het in beseringstyd sy 55ste doel van die seisoen vir Bayern aangeteken, maar dit was nie genoeg nie. Die heersende kampioene kom op 30 Mei in die eindstryd in Boedapest teen Arsenal te staan. PSG se bestuurder, Luis Enrique, sê sy spelers het ʼn positiewe karakter getoon teen ʼn span soos Bayern:
7 May 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Meer as 8 200 in twee weke uit SA gerepatrieer

Die Grensbestuursowerheid sê 8 230 Malawiese en Zimbabwiese burgers is in minder as twee weke deur die Beitbrug-grenspos gerepatrieer. Dit kom aanloop tot Dinsdag se beplande optogte teen onwettige immigrasie. Die owerheid se woordvoerder, Mmemme Mogotsi, sê buitelanders wat vir repatriasie aangemeld het, is in die teenwoordigheid van amptenare van…
26 Jun 6AM 1 min

As Burnham nie die geld vir verdediging wil gee nie, moet hy waai

Die voormalige hoof van die Britse leër se chemiese wapeneenheid, Hamish de Bretton-Gordon, sê aan Sky News dat as Andy Burnham nie die beloofde toename van die reuse 28 miljard Britse pond in verdedigingsbesteding nakom nie, dat hy en die res van die bevolking wil hê dat iemand anders die…
26 Jun 6AM 1 min

Unam behaal Times Higher Education ranglys

Unam maak gereed vir volgende jaar en aansoeke is oop vir beide eerstejaar- en nagraadse studies. Unam is die enigste Namibiese universiteit wat in die Times Higher Education se wêreld universiteitsranglys geplaas is. Kosmos 94.1 Nuus het met die universiteit se woordvoerder, Simon Namesho gepraat wat meer inligting oor die…
26 Jun 6AM 1 min

Skaap-indaba beplan vir 22 Julie op Mariental

Namibië se skaapprodusente het die geleentheid om insette te lewer in die toekoms van die sektor. Die Lewendehawe Produsente-organisasie hou op 22 Julie 'n vergadering met produsente op Mariental kom 'n entiteit in produsent-besit binne die skaapwaardeketting te ondersoek. Die dag sal handel oor die gedeelde visie vir die bedryf,…
26 Jun 6AM 1 min

Regskenner sê oor 8 tiener verkragtingverdagtes

Die agt minderjarige seuns wat beskuldig word van die beweerde groepsverkragting van 'n 25-jarige vrou in Okahandja in die vroeë oggendure van 7 Junie, sal in aanhouding bly nadat hul borgtogverhoor uitgestel is na 6 tot 17 Julie. Die saak het ook debat aangewakker oor hoe Namibië se regstelsel jeugdige…
26 Jun 6AM 1 min