Stampe, Stote en Staatsake
Loading player...
Hierdie week se KLETS begin met 'n nuwe hoofstuk, want ons is nou ook op die "TV". Maar nie sonder stampe en stote nie, en dalk 'n bietjie rof om die kante, maar ons is hier. Volgende week is ons minder dronk. Miskien...
Maar, hier "gaat" ons!
Ons kyk na Suid-Afrika se beleide en die stoute amptenare wat glo nou AI gebruik. Die probleem? Dit lyk nie of "intelligent" deel van die pakket is nie. Dis tegnologie sonder die "smart", beleid sonder 'n brein, en 'n regering wat op tegnologiese modegiere rondry asof dit 'n plan vervang.
Dan die vraag wat almal al lank vra: hoe raak jy ontslae van spam calls? Want soos loadshedding en WhatsApp voice notes, begin dit lyk of dit net deel is van die moderne Suid-Afrikaanse lewe. Ons het nie noodwendig die antwoord nie, maar ons het maniere, en dit werk.
En natuurlik Peet en Mel vs Harry en Meghan. Dis koninklikes, kontroversie en 'n gesukkel, alles in een episode saamgepak.
Dis nuwe platforms en ou probleme.
Dis amptenare met AI en spam calls.
Dis koninklikes en staatsake.
Dis nie perfek nie… maar dis KLETS.
*Video is beskikbaar op Afrikaans.Radio - https://afrikaans.radio/klets/ai-sonder-intelligensie-spam-calls-en-koninklike-chaos/