Adjunk-sportminister Dino Ballotti het vroeër aangekondig dat 200 miljoen Namibiese dollar toegewys is vir sportinfrastruktuur en plaaslike ligas, wat die weg sal baan vir die land om weer internasionale sokkerwedstryde aan te bied. Kosmos 94.1 Nuus het met sportkommentator Isak Hamata gepraat oor die vordering in die streke.
Verskeie gevalle van geestesversteurde pasiënte wat met die gereg gebots het was onlangs in die nuus. In een geval het Andrea Feris haar swaer na bewering met 'n mes aangeval en Giano Seibeb, wat op 30 April naak binne Staatshuis aangetref is, is Donderdag ongeskik verklaar om verhoor te word…
Reaksie word steeds ontvang oor Amerikaanse ambassadeur John Giordano se opmerkings tydens 'n vergadering met hoofregter Peter Shivute, waar hy gesê het plaaslike regters kan hom kontak, sodat Amerikaanse regters kan raad gee in sekere sake. Dit het wyd kritiek uitgelok en vrae oor regterlike onafhanklikheid laat ontstaan. Dr. Henning…
Die Mynbou-, Metaal-, Maritieme en Konstruksiewerkersunie het 'n aanval op die regering geloods oor wat hy die voortgesette verwaarlosing van visserswerkers noem. Die vakbond sê werknemers wat gekoppel is aan Etosha Fishing, Namsov, Heinaste, Merlus Cormorant, Omualu Aluhe Fishing en voormalige United Fishing Enterprises wag steeds vir kwotatoekennings, agterstallige betalings…
Jan Alleman se beursie kan nou weer dalk asemhaal, as alles onveranderd bly in die Midde-Ooste. 'n Vat Brent-ruolie staan tans onder 73 Amerikaanse dollar en beweeg vinnig na die pryse voor die Midde-Ooste-oorlog. Dit kom nadat ekonome voorspel het dat die ekonomiese herstel tot nege maande gaan duur. Kosmos…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.