Kweek 'n huwelik met karakter: Louis en Hettie Brittz

Loading player...
In elke huwelik is daar verskille – maar dit hoef nie skeiding te beteken nie. Met meer as 30 jaar se ervaring begelei Louis Brittz en Hettie Brittz paartjies om mekaar dieper te verstaan, gesonder te kommunikeer en weer vreugde in hul verhouding te vind.

Hul benadering is prakties, eerlik en deurdrenk met wysheid (en ja, ’n goeie dosis humor!)—’n herinnering dat ’n sterk huwelik nie oor perfeksie gaan nie, maar oor groei, selfinsig en doelbewuste liefde.

In hierdie gesprek deel hulle waardevolle insigte en konkrete hulpmiddels wat enige paartjie kan help om hul verhouding te versterk. Hul splinternuwe boek, Kweek 'n huwelik met karakter, is ook binnekort beskikbaar en bou voort op hierdie tydlose beginsels.
30 Apr 6AM Afrikaans South Africa Education · Health & Fitness

Other recent episodes

GEEWEEK - SAAI

Pieter Grobbelaar is 'n avokadoboer van Tzaneen-omgewing en hy kom vertel eerstehands watter uitdagings die boere in die gesig staar en hoe SAAI hierdie boere daagliks bystaan.
27 May 6AM 37 min

GEEWEEK - Eleos

Elize Visser, Christa Botes en Hester Bester vertel van die waarde van terapie en hoe Eleos die dames in hul gemeenskap help om weer met waardigheid en selfvertroue die lewe in die oë te kyk.
26 May 8AM 37 min

GEEWEEK - Hanna Charity

Hanna Grobler en Charlene Jackson van Hanna Charity sluit by Sarina aan om te vertel van die werk wat hierdie organisasie doen.
26 May 8AM 33 min

Snoete-goete: Menskos wat gevaarlik kan wees vir jou troeteldier

Vandag gesels ons met veearts Annarie Greyling oor iets wat baie troeteldiereienaars dalk nie besef nie — sekere menskos kan gevaarlik, en selfs dodelik, vir diere wees. Van sjokolade tot druiwe en uie — sommige alledaagse kosse hou groot risiko’s in vir ons honde en katte. Sy deel vandag belangrike…
22 May 6AM 10 min