
Namibië-Botswana gesamentlike lugredery 'sal nie slaag nie'
Loading player...
Lugvaartkundiges is nie optimisties oor Namibië en Botswana se plan vir 'n gesamentlike lugredery nie, soos in 2025 deur presidente Netumbo Nandi-Ndaitwah en Duma Boko voorgestel is, en vandeesweek deur Boko aangekondig is. Air Namibia het in 2021 ineengestort terwyl Air Botswana onder finansiële druk verkeer, en onlangs roetes gestaak het, insluitend die Gaborone-Windhoek-roete. Lugvaartkundige Guy Leitch het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die onderneming waarskynlik nie sal slaag nie, onder andere weens moontlike politieke inmenging.

