
Weerwaarskuwing vir die Suide
Loading player...
'n Weerwaarskuwing is reg oor Suid-Afrika uitgereik, met hewige donderstorms wat in die binneland verwag word en 'n sterk koue front wat die Wes-Kaap hierdie naweek sal tref. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku teen swaar reën, oorstromings en skadelike winde in verskeie provinsies. Die Namibiese Meteorologiese Diens het ook inligting vir Namibiërs om voor te berei. Kosmos 94.1 Nuus het met weervoorspeller, Albertina Anderson gepraat.

