
Ramaphosa spreek toenemende xenofobie aan
Loading player...
President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrikaners moet nooit toelaat dat die werklike kommer van gemeenskappe oor onwettige migrasie vooroordeel teenoor mede-Afrikane kweek nie. Hy het gister tydens die nasionale Vryheidsdagviering in Bloemfontein, gesê die regering tree streng op teen onwettige migrasie en ondernemings wat die land se wette oortree deur ongedokumenteerde persone ten koste van burgers aan te stel. Ramaphosa het bygevoeg dat burgers nie moet toelaat dat kommer oor onwettige migrante aanleiding gee tot xenofobie nie:

