
Okahandja-skole kry voorafbetaalde meters
Loading player...
Die onderwysministerie het voorafbetaalde watermeters by skole in Okahandja geïnstalleer, asook voorafbetaalde elektrisiteitsmeters, wat hom baie geld spaar. Dit is volgens lynminister Sanet Steenkamp in die Nasionale Vergadering, in antwoord op 'n vraag van die Republikeinse Party-parlementslid Mathias Mbundu oor 'n gebrek aan water by skole in die dorp.

