
Vermy doop in riviere, vra polisie na verdrinkings
Loading player...
Die polisie in Mpumalanga vra inwoners om godsdienstige byeenkomste in riviere te vermy ná verskeie verdrinkings. Woordvoerder Jabu Ndubane het bevestig drie kinders het in die Wellasrivier in eMbalenhle verdrink, en 'n bejaarde pastoor het in die Etiyeni-dam verdrink. Sy sê geregtelike doodsondersoeke is geopen. Ndubane waarsku gemeenskappe om veiligheid voorop te stel en gevaarlike waterbedrywighede te vermy, veral tydens godsdienstige byeenkomste:

