
Namibiese Instituut vir Patologie kry nuwe raad
Loading player...
Gesondheidsminister Esperance Luvindao, het vanoggend 'n nuwe raad vir die Namibiese Instituut vir Patologie aangestel vir 'n tydperk van drie jaar. Die inkomende voorsitter, Stephanie Viljoen, het etiese leierskap, sterker bestuur en 'n hernieude fokus op innovering belowe om toegang tot betroubare diagnostiese dienste landwyd uit te brei.

