
SAID se uittredende kommissaris gesels oor leierskap
Loading player...
Die uittredende kommissaris van die Suid‑Afrikaanse Inkomstediens, Edward Kieswetter, sê doeltreffende leierskap vereis sterk karakter, bekwaamheid en 'n erkende rekord. Kieswetter het in 'n onderhoud met eNCA beklemtoon leiers moet die publiek dien, oor toepaslike vaardighede beskik en sigbare dienste lewer. Kieswetter sê leierskap vereis 'n sterk werksetiek en integriteit, en waarsku teen 'n politieke verbintenis in posaanstellings. Hy beklemtoon duidelike visie, uitvoering en die bou van institusionele kapasiteit om volhoubare dienslewering te verseker:

