Kommer oor reuse-skuld van Stad Johannesburg

Loading player...
Die ACDP het Stad Johannesburg gevra om nie meer lenings uit te neem nie en waarsku dit is onvolhoubaar. Woordvoerder Chris Rohlssen sê die stad word meer as 71-miljard Suid-Afrikaanse rand geskuld en vra skuldinvordering moet nou voorkeur kry. Hy is ook bekommerd oor 'n verwerpte leningsversoek aan die Franse Ontwikkelingsagentskap omdat die stad nie kon voldoen aan die voorwaardes van 'n lening van 2,5-miljard rand van hy in 2024 bekom het nie:
26 Apr 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Wind, verspreide donderbuie die naweek verwag

Namibië sal matige tot baie warm binnelandse temperature met aanhoudende winderige toestande en verspreide donderbuie oor die naweek ervaar. Albertina Anderson, voorspeller van die Namibiese Meteorologiese Diens, sê die kus sal gedeeltelik bewolk en matig bly, hoewel ligte reën in die suide moontlik is.
27 Jun 1AM 1 min

Copps 94.1: Motor beland op dak op reguit pad

Onderwysminister Sanet Steenkamp het Vrydagaand die Copps 94.1-span vergesel en die maatskaplike euwels wat Windhoek teister, eerstehands beleef. Dit het onder meer ‘n ongeluk op ‘n stuk reguit pad in die hoofstad ingesluit. Kosmos 94.1 se Francois Lottering was op sy pos en doen verslag van die toneel:
27 Jun 12AM 1 min

Omusati-landbouproduksie groei goed

Landbouproduksie in die Omusati-streek het in 2025/2026 beduidende vordering getoon, gedryf deur 'n groter fokus op besproeiing en waardetoevoeging van vee. Goewerneur Immanuel Shikongo het in sy streeksrede gesê dat belangrike ontwikkelings insluit massiewe mielie-oeste by die Etunda-besproeiingskema, die konstruksie van 'n groot veevoerkraal en voortgesette beleggings in waterinfrastruktuur.
26 Jun 11AM 1 min

TLU SA verwelkom nuwe BKS beheermaatreëls

Die landbou-organisasie, TLU SA, verwelkom die nuwe bek-en-klouseer-beheermaatreëls en sê dis ʼn stap in die regte rigting. Die Departement van Landbou het ʼn nuwe raamwerk bekendgestel vir ʼn enkele, geïntegreerde nasionale stelsel om bek-en-klouseer-uitbrekings, van opsporing tot herstel, te bestuur. Bennie van Zyl van TLU SA sê enige maatreëls wat…
26 Jun 11AM 1 min