
VN-eis vir slawerny-vergoeding 'raak nie volksmoord-reparasies'
Loading player...
Politieke ontleder professor Henning Melber sê die onlangse resolusie van die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering wat vergoeding vir slawehandel eis, is grootliks simbolies, sonder bindende regsgevolge vir lande wat nie vir die resolusie gestem het nie. Melber sê aan Kosmos 94.1 Nuus dat dit ook nie die Namibiese volksmoord reparasie-onderhandelings sal raak nie, en enige betekenisvolle vordering sal afhang van die direkte insluiting van die geaffekteerde gemeenskappe in hierdie proses.

