
Chennai behaal grootste oorwinning in IPL teen Mumbai
Loading player...
Die Chennai Super Kings is vyfde op die Indiese Premierliga se punteleer ná ʼn oortuigende oorwinning van 103 lopies oor die Mumbai Indians. Dis hul grootste punteverskil ooit in die kompetisie. Sanju Samson het ʼn onoorwonne 101 van 54 balle behaal en bygedra tot die Super Kings se telling van 207 vir ses. Daarna het Akeal Hosein vier paaltjies platgetrek en Mumbai was na 19 boulbeurte op 104 almal uit. Samson sê dis belangrik om toestande te respekteer en die wedstryd-plan daarvolgens aan te pas:

