Stad Windhoek het 'n uitnodiging wat deur die Khomas Ratepayers Association aan alle inwoners gerig is, as misleidend bestempel. Die uitnodiging is na wat die vereniging 'n kritieke vergadering met die volle raad genoem het, wat vir Woensdag, 1 Julie geskeduleer is. Stad Windhoek het egter 'n dringende openbare kennisgewing…
Die interministeriële komitee oor migrasie sê 30 Junie sal 'n normale werksdag wees, ondanks die beplande betogings oor migrasiekwessies. Die voorsitter van die komitee, Mmamoloko Kubayi, het aan die media gesê daar sal geen ontwrigting van ekonomiese of sosiale aktiwiteite wees nie en het die publiek aangespoor om met normale…
President Cyril Ramaphosa sê streeksamewerking is belangriker as ooit tevore weens internasionale onsekerheid en verskuiwende voorsieningskettings. Hy het tydens die Suider-Afrikaanse Doeane-unie se beraad in Kaapstad gesê geen Afrikaland kan alleen floreer in die huidige ekonomiese klimaat nie. Namibië se president Netumbo Nandi-Ndaitwah het ook die beraad bygewoon. Ramaphosa beskryf…
Namibië sal matige tot baie warm binnelandse temperature met aanhoudende winderige toestande en verspreide donderbuie oor die naweek ervaar. Albertina Anderson, voorspeller van die Namibiese Meteorologiese Diens, sê die kus sal gedeeltelik bewolk en matig bly, hoewel ligte reën in die suide moontlik is.
Onderwysminister Sanet Steenkamp het Vrydagaand die Copps 94.1-span vergesel en die maatskaplike euwels wat Windhoek teister, eerstehands beleef. Dit het onder meer ‘n ongeluk op ‘n stuk reguit pad in die hoofstad ingesluit. Kosmos 94.1 se Francois Lottering was op sy pos en doen verslag van die toneel:
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.