
Bank Windhoek stel WhatsApp-bankdienste bekend
Loading player...
Bank Windhoek het die eerste bank in Namibië geword wat bankdienste deur WhatsApp bekendstel. Die innovasie, wat vanoggend bekendgestel is, stel kliënte in staat om saldo's na te gaan, elektrisiteit en lugtyd te koop, mini-bankstate na te gaan, fondse oor te dra en ondersteuning te kry. James Chapman, besturende direkteur van Bank Windhoek, sê hulle het veiligheid verseker deur veelvuldige enkripsies en tydsbeperkte wagwoordtoegang per sessie te hê.

