
'Uraan sal besoedel, mense sal sê moenie Namibiese vleis eet nie'
Loading player...
Die Stampriet Aquifer Uranium Mining Association, Sauma, het onlangs 'n vergadering vir hul lede gehou om opnuut kommer uit te spreek oor Headsprings Investment se voornemende in-situ uraanonttrekking by Leonardville in die Omaheke-streek. Volgens die groep gaan Headspring weer vir hulle omgewingssertifikaat aansoek doen in die komende dae. Sauma-bestuurslid Roy Miller het die ekonomiese belangrikheid van die omgewing as landbougebied beklemtoon.

