Staat vra 15 jaar vir Malema

Loading player...
Die Staat eis regstreekse tronkstraf van 15 jaar vir die EFF-leier, Julius Malema, vir sy vuurwapenoortreding. Hy is skuldig bevind nadat hy in 2018 onwettig ʼn vuurwapen afgevuur het tydens ʼn EFF-saamtrek by die Sisa Dukashe-stadion in Mdantsane, Oos-Londen. Die vonnisprosedure vind môre en Donderdag in die Oos-Londen-landdroshof plaas. Malema het verlede week tydens ʼn nuuskonferensie herhaal dat hy teen die uitspraak gaan appelleer:
14 Apr 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Air Namibia-werkers wend hulle aan Hooggeregshof

Voormalige Air Namibia-werkers het in Februarie 'n versoek aan die Hooggeregshof gerig vir 'n bespoedigde verhoor in 'n geskil oor onbetaalde skeidingsvoordele wat reeds byna vyf jaar uitstaande is ná die lugredery se likwidasie. Die saak sal vroeg in Julie voorkom. Renier Bougaard, die woordvoerder van die groep, het met…
29 Jun 4AM 1 min

Toenemende psigose on dwelmgebruikers wek kommer

Die Gautengse Gesondheidsdepartement het kommer uitgespreek oor die toenemende aantal jongmense wat 'n psigose ontwikkel wat verband hou met dwelm- en alkoholmisbruik. Ter viering van die Suid-Afrikaanse Nasionale Raad oor Alkoholisme se Dwelmbewustheidsweek, sê die departement se woordvoerder, Steve Mabona, dat gesondheidsorgfasiliteite meer pasiënte met 'n substansgebruikpsigose behandel. Hy het…
29 Jun 4AM 1 min

Betogings: SAPD word net ontplooi om orde te handhaaf

Die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, sê beamptes sal nie môre ontplooi word om wettige betogings te stop nie, maar om te verseker dat dit veilig en ordelik plaasvind. Dit kom terwyl organisasies van plan is om teen-immigrasie-protesoptogte regoor die land te hou. Cachalia het gister in Durban SAPD-lede…
29 Jun 4AM 1 min

Israel sê Iran skend Libanon se soewereiniteit

Israel se minister van Buitelandse Sake, Gideon Sa'ar, sê Hisbolla moet ontwapen word voordat vrede en sekuriteit in Libanon bereik sal word. ʼn Raamwerkooreenkoms wat deur Amerika gefasiliteer is, is Vrydag tussen Israel en Libanon onderteken. Ten spyte van die ooreenkoms, het gevegte tussen Israelse magte en die Iran-ondersteunde Hisbolla…
29 Jun 4AM 1 min

Sterk verhoudings met groot ekonomieë voordelig vir SME's

'n Afvaardiging van Namibiese klein- en mediumgrootte ondernemings het teruggekeer van 'n weeklange sakeseminaar in China, met deelnemers wat nuwe geleenthede vir handel en belegging uitgelig het. Danny Meyer, stigter van SMEs Compete, sê die handhawing van sterk verhoudings met groot ekonomieë soos China skep waardevolle geleenthede vir Namibiese entrepreneurs…
29 Jun 3AM 1 min