Die bekendstelling van Namibië se Hersiene Nasionale Hervestigingsbeleid word beskou as 'n belangrike mylpaal in die land se grondhervormingsprogram. Maar terwyl die regering sê die beleid sal historiese ongelykhede aanspreek en volhoubare landbou bevorder, voer kritici aan dat die werklike uitdaging begin nadat begunstigdes hervestig is. Landboukenner Wallie Roux spreek…
Die Grensbestuursowerheid het op die Beitbrug-grenspos in Musina, Limpopo, beslag gelê op plofstofkabels, versteek in 'n sak rys, op 'n Interlink-bus vanaf Malawi. Die plofstof, ter waarde van ongeveer 100 000 rand, is tydens 'n roetine-deursoeking ontdek. Die woordvoerder, Mmemme Mogotsi, sê die beslaglegging weerspieël die grenswagte se waaksaamheid en…
Die burgerlike organisasie, Soil of Africa, sê die huidige onwettige immigrasiekrisis is die regstreekse gevolg van jare lange mislukte leierskap, swak ekonomiese beplanning, swak grensbestuur en ongebreidelde korrupsie. Dit volg nadat groepe teen onwettige migrasie eis dat alle ongedokumenteerde immigrante die land teen môre verlaat terwyl betogings reg oor die…
Die prinses van Wallis, Kate Middleton is betrokke by verskeie liefdadigheidsorganisasies wat werk in die stryd teen kanker. Kate het die hoogste berge in Skotland, Engeland en Wallis geklim wat Ben Nevis, Scafell Pike en Snowdon insluit. Sy het Sondag die Three Peaks Challenge voltooi wat 37 kilometer se staptog…
Die Kankervereniging van Namibië vier 30 jaar van diens met 'n spesiale fondsinsamelingsontbyt in Windhoek eerskomende Saterdag. Die bekende Suid-Afrikaanse motiveringspreker, Lanie Saam, sal die geleentheid by die FNB Namibië Krieketveldsaal lei, waar gaste 'n inspirerende boodskap van hoop en veerkragtigheid kan verwag. Die vereniging se uitvoerende hoof, Rolf Hansen,…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.