Meer geld vir fluitjieblaser-beskerming

Loading player...
Die vakbondfederasie Cosatu doen 'n beroep op verhoogde regeringsbefondsing vir getuiebeskermingsprogramme, aangesien huidige hulpbronne nie voldoende beskerming bied vir verklikkers wat korrupsie en wangedrag blootlê nie. Die federasie verwelkom die Wet op Beskermde Bekendmakings wat vir openbare kommentaar gepubliseer is, en beskryf dit as 'n positiewe stap in die versterking van die beskerming van verklikkers. Matthew Parks van Cosatu sê sonder voldoende befondsing kan getuiebeskermingstelsels sukkel om die sekuriteit te bied wat nodig is om meer mense aan te moedig om na vore te tree:
10 Apr 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

SAPD sê koerantberig stel informante in gevaar

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens kritiseer die Sunday Times wat uitgelekte beëdigde verklarings gepubliseer het wat verband hou met ondersoeke na dwelm-verwante misdaadnetwerke in die land. Die koerant het ʼn beëdigde verklaring van ʼn gewilde platejoggie gepubliseer wat ʼn sluipmoordpoging oorleef het en wat verband hou met dwelmhandel in die nagklub-bedryf. Die…
20 Apr 2AM 1 min

Arteta sê sy spelers sal moet besin

Manchester City is met een wedstryd oor slegs drie punte agter die Premierliga-voorlopers, Arsenal, wat gisteraand op die Etihad-stadion met 2-1 verslaan is. Rayan Cherki het aan City die voorsprong besorg, maar Arsenal het sake binne sekondes met Kai Havertz se doel gelykop gemaak. Erling Haaland se doel in die…
20 Apr 2AM 1 min

Blitsbokke vat Hongkong!

Die Springbok-sewes het Argentinië met 35-7 verslaan om hul eerste titel ooit in Hongkong te verower in die eerste been van vanjaar se Wêreldkampioenskap-reeks van drie toernooie. Die Blitsbokke het vyf drieë teen een gedruk. Dit is Suid-Afrika se vierde agtereenvolgende titel, met die vorige drie in Perth, Vancouver en…
20 Apr 1AM 1 min

VSA-man skiet 8 kinders dood, 7 sy eie

ʼn Man in Shreveport, Louisiana, het agt kinders, insluitend sewe van eie, doodgeskiet en twee volwassenes gewond. Die kinders was tussen twee- en 14-jaar oud. Owerhede beskryf die skietery wat in drie afsonderlike wonings plaasgevind het, as huishoudelike geweld. Dis die land se dodelikste massaskietvoorval sedert Januarie 2024. ʼn Woordvoerder…
20 Apr 1AM 1 min