VERSKILMAKERS: Beyond Barriers Foundation

Loading player...
Beyond Barriers Foundation is ’n organisasie wat grense verskuif vir atlete met fisiese gestremdhede. Ná ’n lewensveranderende rugbybesering het stigter Dano Swart besluit om nie net sy eie pad te herdefinieer nie, maar om saam met sy span – insluitend Frans-Hendrik Badenhorst – ’n gemeenskap te bou waar "differently abled" atlete gesien, gerespekteer en bemagtig word om die helde van hul eie sportstories te wees.
9 Apr 5AM Afrikaans South Africa Education · Health & Fitness

Other recent episodes

Screen Her Save Her

Screen Her Save Her se jaarlikse borskankerbewusmakingsveldtog, in samewerking met Atterbury Trust, skop Dinsdag 21 April af by die Castle Gate Lifestyle Winkelsentrum. Hierdie veldtog bring mobiele siftingseenhede met mammografie- en ultraklankdienste direk na gemeenskappe en vroue wat nie altyd toegang het tot hierdie dienste nie. Sarina gesels met Danelle…
17 Apr 6AM 12 min

Is dit werklik goedkoper om 'n elektriese voertuig te ry?

Tegnologiejoernalis by MyBroadband, Hanno Labuschagne deel sy eerstehandse ervaring met ’n elektriese voertuig (EV). Oor 15 000 km het hy sowat R10 000 minder aan energie bestee as wat petrol sou kos. Hy gesels oor die werklike kostes, praktiese uitdagings en voordele van EV-eienaarskap in Suid-Afrika.
17 Apr 6AM 16 min

Entrepreneurskapsreeks: die emosionele werklikheid van entrepreneurskap

Entrepreneurskap lyk van buite af dikwels glansryk – vryheid, sukses, beskikbaarheid tot jou eie tyd en die bou van ‘n nalatenskap. Maar agter die skerms lê daar ’n minder sigbare werklikheid: emosionele druk, onsekerheid, alleenheid en die konstante gewig van verantwoordelikheid. Vandag gesels Linda van der Walt van LND en…
15 Apr 6AM 11 min