Die Stad Kaapstad se rampkoördineringspan sê 'n paar voorvalle rondom betogings teen onwettige buitelanders is vanoggend aangemeld. Woordvoerder Charlotte Powell sê eenhede is op die toneel by 'n byeenkoms in Bloekombos, 'n groep op die Parade, en 'n poging tot winkelplundering in Gugulethu, waar die polisie en die Metropolisie ingegryp…
Die voorspeler van die DRK, Yoane Wissa, sê hulle kan nie wag vir hulle Wêreldbeker-ronde van 32-kragmeting môre met Engeland nie. Die Luiperds het deur 13 kwalifiserende wedstryde, 'n kwarantyn-tydperk weens 'n Ebola-uitbreking en die onbestendigheid in hulle land oorkom. Die DRK neem die eerste keer in 52 jaar aan…
Die Khomas-streeksraad is die gasheer van die inligtingsessie vir geleenthede vir klein- en mediumgrootte ondernemings. Een van die gesprekke wat gevoer word is oor die SME-fonds wat deur GIZ Namibia befonds word. Die Khomas-goewerneur, Sam Nujoma, het ook oor die geleentheid vir besighede ingevolge die jeugontwikkelingskema gepraat. Hy herinner weereens…
Die minister van minerale en petroleumbronne, Gwede Mantashe, het aangekondig reuse-brandstofprysverlagings tree om middernag in werking. Die prys van 93-oktaan loodvrye petrol sal met twee-rand-een-sent per liter daal en 95-oktaan petrol met een-rand-96-sent per liter. Die departement se woordvoerder, Lerato Ntsoko, sê dieselpryse daal met tussen drie-rand-14- en drie-rand-59-sent per…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.