Die minister van Vervoer, Barbara Creecy, sê dis onaanvaarbaar dat die Suid-Afrikaanse Lugdiens twee agtereenvolgende ouditvrywarings van die ouditeur-generaal ontvang het. Die lugredery het in die 2024/25-boekjaar 83-persent van sy jaarteikens bereik en 'n wins van 30-miljoen Suid-Afrikaanse rand getoon. Dit het egter 'n bedryfsverlies van 472-miljoen-rand aangeteken. Creecy het…
Oekraïne sê dit het weer begin om Russiese olie deur 'n pypleiding na Hongarye en Slowakye te pomp, wat 'n dooiepunt oor 'n lening van 90 miljard euro tot 'n einde gebring het. Die Europese Unie-lening is as noodsaaklike steun vir Kiëf beskou, maar Hongarye se uitgaande premier Viktor Orbán…
'n Landwye solidariteitsveldtog is van stapel gestuur om steun vir die mense van Kuba te mobiliseer. Kuba staar 'n ernstige sosio-ekonomiese krisis in die gesig wat gesondheid, energie, onderwys en landbou raak as gevolg van dekades-lange Amerikaanse sanksies en die olie embargo wat tans in plek is. Die veldtog word…
Statistieke Suid-Afrika sê inflasie het in Maart tot 3,1-persent gestyg vanaf drie-persent in Februarie, met pryse wat maandeliks met 0,6-persent gestyg het. Die toename is aangevuur deur hoër koste in verskeie kategorieë, insluitend onderwys, vervoer, behuising en verblyfdienste. Woordvoerder Ricado Johnson sê vervoerinflasie het in deflasie gebly as gevolg van…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.